Thursday, November 26
Sunday, November 22
34 grade in Stellenbosch
Ons is oppad Kaap toe vir die naweek, terwyl dit storm en sous in Pretoria. Om die regte klere in te pak, kyk ek gou op DsTV se weerkanaal wat ons kan verwag. Ek skree vir Japie in die kamer: 'nee, man - dis 30 grade in die Kaap, en 35 grade in die Paarl...' en net daar kom Miekie toe in met: 'en 34 grade in Stellenbosch!' Hilarious!
Vanoggend gee ons vir haar roereiers vir ontbyt, maar sy eet net die helfte... te opgewonde om by die strand uit te kom. Toe ons 'n paar uur later weer by die huis aankom, sien sy haar bord op die tafel, en sê: 'ek het skoon vergeet om hierdie wonderlike kossies te eet'!
Laas week vat ek haar saam slaghuis toe, en koop 30 lamstjops, waarvan die slagter toe die beentjies vir my skoonmaak. Miekie sit by my in die trollie en kyk hoe die oom te werk gaan. Soos wat die oom die skaapvleis in 'n groot houer vir my aangee, vra sy: 'mamma, wat is hierdie?' en ek antwoord: 'dis skaapvleis'. Sy kyk die vleis vir 'n hele rukkie uit, en wys toe na die oom: 'mamma - is daardie oom die skaapwagter?' Needless to say het die mense agter ons in die ry net so gelag soos ek!
Baie 'wise' vir haar twee en 'n half.

Sunday, November 8
Independence Day
Vanoggend begin ek op 'n stadium wonder hoekom Miekie so stil is. Ek begin na haar roep, en staan later op om haar te gaan soek. Ek soek die hele huis deur, maar alles is stil soos die graf. Ek word toe yskoud en gaan buitentoe (daar is veral een baie gevaarlike plek waar sy van die stoep af kan val) en soek reg om die huis, in die motorhuis en agter die buitegeboue. Geen Miekie nie.
Ek besef sy is NIE op die erf nie want ek het oral gesoek. Stil van histerie gryp ek die hek se sleutels en hardloop teen ons 60 meter inrypad op, maak die hek bo oop en gaan soek haar in die straat. Nodeloos om te sê smeek ek vir haar veiligheid.
Daar sien ek haar toe - heel onder in die straat - op die sypaadjie nogal - op haar karretjie wat sy 60m ver teen die inrypad opgery het.
Om 'n lang storie kort te maak - sy het haar pa se bos sleutels van sy lessenaar af gevat, my kredietkaart uit my beursie, uit my handsak gehaal, dit netjies in haar klein handsakkie gepak, op haar kar geklim en die pad gevat. Self die hek oopgemaak met die remote, betyds met haar kar deurgery voor die hek toegemaak het, en 100 meter af in die straat gery 'winkels toe'.
Dit was 'n eerste vir ons, en net weer 'n reminder dat ons haar nie vir 'n oomblik kan onderskat nie.
SUG.
Monday, November 2
Sirkus
Ongelooflik om te sien hoe hierdie klein wonderwerk mens word.
Ons ry Saterdag met Lynnwoodweg terug huis toe, en skielik roep sy uit: "Kyk, mamma! Daar's die sirkus!" En jou waarlik, toe ek opkyk, is die Boswell Wilkie sirkustent in 'n oop veldjie langs die pad opgeslaan. Natuurlik maak ek toe 'n u-turn, en ons probeer kaartjies koop vir die vertoning. Wat toe amper klaar is, en ons word nie binne toegelaat nie. Toe draai ons by al die diere se hokke, en loer deur die tent se opening om die hanswors met die rooi neus te sien...
Sy praat toe die hele middag en aand van die sirkus, en ek belowe om haar gister te vat. Ek kan jou nie die ekstase beskryf toe ek haar half drie gistermiddag saggies wakker maak om sirkus toe te ry nie. Sy het met haar vuisies in die kussing geslaan, en, nog in haar slaap, met 'n hees stemmetjie geskree "O, jippieeeeeee mamma jippieeee!!!!!" Mag ek dit nooit ooit vergeet nie.
Ons het al die bells en whistles gehad: toffie-appels, spookasem, 'n paar draaie op die mallemeule (ek het geen keuse gehad nie - sy het haarself tussen al die ander kinders deurgewriemel, OP DIE GROND verby die kaartjieverkoper ge'leopardcrawl' om heel eerste in die karretjies te klim. Toe staan ek maar 2 keer in die tou om namens haar te betaal...! Dis tye soos hierdie dat ek besef sy gaan either way 'n manier vind om haar ding gedoen te kry. Innoverend is sy absoluut. Op twee en 'n half.
Sêgoed vir die maand:
Op 'n emmer, in die middel van die sandput by die kleuterskool, met al die maatjies op die grond onder haar: "Tant Sannie kan ma nader lê, tant Sannie kan ma nader lê... Die gras is groen en EK WIL SOEN (uitgegil), tant Sannie kan ma nader lê..."
As haar spaarvarkie vol is, gaan mamma haar bank toe vat en dan gaan sy die geld vir die bank gee, en dan gaan die bank vir haar ook 'n geldkaart gee soos mamma s'n en dan gaan sy die geldkaart vir die tannie in die winkel gee en dan is alles in die winkel hare en gaan sy alles huis toe bring. Hee-hee!!!!

Wednesday, September 23
KOF
Ek moenie vergeet om iets baie ouliks te noem nie. Miekie het, vandat sy 2 geword het, al 'n geweldige insig in taal aangeleenthede begin wys. So het sy besluit sy gaan haar nie langer laat vang met verkleinwoordjies nie. Sy is nou groot, en dis tyd dat ons haar ernstig begin opneem. Melkies het oornag melk geword, tandjies tande, ens.
Maar dis hoe sy die beginsel deurtrek, wat so fassinerend is. Sy word volgende week 2 en 'n half, en ses maande het haar nie van haar teorie laat afsien nie. Koffie is konsekwent kof, stoeltjie is stoelk, voëljie is voëlk, en so ook tan (vir tannie), maaik (maatjie), dank (vir dankie), ens. Huh? Waar kom die kind vandaan.
Haar taalreëls bring vir ons baie vreugde.
Sy begin ook nou meer en meer verbeeldingsvlugte onderneem. Vanoggend dra sy haar 'berg' die hele huis vol agter haar aan. 'Mamma - jy moenie op my berg trap nie - die bobbejaan gaan huil. Loop mooi OM my berg.' Dan druk sy haar wysvingertjie omtrent in my neus om die boodskap te onderstreep. Sy 'vang' goggas in die lug en voer dit vir die bobbejaan. En so pas ons drie dae in een dag in...

Sunday, September 13
Diamantveld
Die naweek het ons teruggevat in tyd, na 'n era van harde handewerk, bitter sweet... en soet hoop - vir daai blink klippie in die grond. Ons het ongelooflike stories gehoor; delwersbloed vloei nog in die mense se are.
Saturday, August 29
Pikkegraaf
Miekie het onlangs net weggetrek en laaaang sinne begin praat. Die gebruik van voorsetsels en adjektiewe is baie goed. Binne-in, rondom, langsaan, vorentoe - daai soort van ding. Maar perfek in sinkonteks gebruik.
Dan raak sy ook allerhande oulike goedjies kwyt wat sy nou maar so oral optel. Vanoggend sê sy vir Japie: "Pappa, help my, ek's in 'n strik".
Ons het groot prints van die Brooklynbrug en Chryslergebou in die TV kamer opgehang, en 'n week later kap sy ons - "kyk, dit is New York".
Dan glo sy Barnie maak elke Saterdagoggend sy rondtes van een kind se huis na die volgende. Sy sal vra wanneer kom Barnie nou na ons TV toe, dan sal ek sê hy trek eers sy skoene aan en borsel sy tande, en sy moet nog 10 minute vir hom wag. Dan sê sy nee, Barnie is nou by Katelyn se huis, of by Colin se huis, en sal sy geduldig wag vir die groot oomblik.
Sjokolademelk feature groot op die oomblik. Sy sal in die nag wakker word en begin yl - sjokolademelkies - dis die eerste onderwerp van die oggend, en die laaste gedagte voor sy gaan slaap, en ek tel op dat dit ook haar eerste gedagte is die oomblik wat sy verveeld raak.
Japie het haar nou al sy army truuks geleer, en sy ken al die terme en kan elke move seepglad illustreer:
Pikkegraaf - kap met die kneukels teen die borsbeen
Hoenderkos - ook 'n intense borsbeen aksie - op en af met die kneukels oor die ribbe.
Apiegryp - knyp die sening tussen die nek en skouer met die duim en middelvinger
Donkiebyt - die armdraai wat almal ken
Sonbesie - 'n taai klap op die oordrom
Krappieknyp - knyp die kuitspier met die bak hand
Konynkap - 'n geniepsige kap agter die nek met die kant van die hand
Sy sal byvoorbeeld van agter af op my afgesluip, en sê: "mamma, buk vorentoe met jou nek. Ek wil jou 'n konynkap gee."
Soveel dae, soveel dinge.

Sunday, August 23
Fishing for Jesus
Miekie het vanoggend laat geslaap nadat ons gisteraand by Gert & Alrea-hulle gaan kuier het, en sy natuurlik met Willie en Michelle se kinders gespeel het tot laat.
Sy het uit die niet gisteraand, voor al die kuiergaste, ewe formeel die tafelgebed oorgevat: "Op my stoeltjie sit ek nou, met my handjies saamgevou. Liewe Jesus vir my dank, vir my kossies... en my drank. Amen." Het ons nie gelag nie!
Sy het Milan se handsak geannekseer en dit heelaand vir lewe en dood vasgeklou. So aan die slaap geraak op die bank.
Vanmiddag na ete het sy haarself aan die slaap gesing met "Fishing for Jesus, fishing for Jesus, fishing for Jesus every day. Met my Bybel in my hand, en ...." - kon nie die res uitmaak nie, maar dit wissel ewe vlot tussen Afrikaans en Engels. Nooit eers geweet sy kan nie! Die Engelse aksent is kostelik!
Vanoggend was dit weer: "My God is so groot, so sterk en so MAGTIG (dit skree sy lekker kras uit), daar's NIKS wat my God nie kan doen!"
So - Palet maak seker die kinders kom met die regte sêgoed huis toe!
Sêgoed vir die dag:
Piepsie en Poepsie (die name van haar 2 vuil doeke)
Feëtjieland (toe sy die vuurhoutjies terugpak in hul boksie, uitgespreek "mamma, kyk ek pak die 'fie'tjies (vuurtjies) in 'fietjie'land)

Subscribe to:
Posts (Atom)