Friday, November 19

Drome

Nou een oggend word Miekie in my arms wakker en haar eerste woorde is "mamma, ek was bietjie in die hemel." Hmmm, sê ek, en wat het jy alles daar gemaak?  "Ek en my katte was in my huis en toe styg my huis op tot in die hemel..." En wat het julle als daar gesien?  "Daar was 'n groot winkelsentrum waar daar NIKS skelms was nie".  Heeltemal reg, sê ek, daar is nie skelms in die hemel nie...

So paar dae later word sy weer wakker met "mamma! ek het gedroom ek en Nerisse gly by 'n reënboog af!"