Nou een oggend word Miekie in my arms wakker en haar eerste woorde is "mamma, ek was bietjie in die hemel." Hmmm, sê ek, en wat het jy alles daar gemaak? "Ek en my katte was in my huis en toe styg my huis op tot in die hemel..." En wat het julle als daar gesien? "Daar was 'n groot winkelsentrum waar daar NIKS skelms was nie". Heeltemal reg, sê ek, daar is nie skelms in die hemel nie...
So paar dae later word sy weer wakker met "mamma! ek het gedroom ek en Nerisse gly by 'n reënboog af!"
Friday, November 19
Friday, October 29
6 maande later
Dis amper ses maande later, en haar 5 katte feature nog daagliks op 'n groot manier. As ons kerk toe gaan word daar kos en water vir die katte (wat onder die kerkbanke bly) ingepak. Verder bly die 5 katte in feetjieland en een van die 5 is die stoute kabouter wat alles aanvang (wat sy seker self heimlik begeer om te probeer).
Sy het nou haar eie kamer - baie mooi - en so kom ons agter sy is eintlik 'n pyn so perfeksionisties is sy. Elke dingetjie is op sy plek, en daar's nie 'n manier sy slaap onder die duvet nie, want dan is haar bed deurmekaar. Elke oggend vroeg kom maak sy my wakker, dan is die bed reeds amper perfek opgemaak en ek moet net die laaste hoekies kom regtrek. Niemand mag aan haar "kosbare goedjies" raak nie. So preek sy ook vir Beatrice om glad nie aan die asblik of enige van haar goedjies te raak nie. Die honde mag glad nie daar ingaan nie, en dis omtrent haar klein koninkryk.
Ek moet vertel van Wolfie. So maand gelede kom ek een oggend agter sy is te stil. Ek kry haar in die TV kamer waar sy doodstil op 'n stoel sit en ek voel die hare op my kop rys. Sy kom toe saggies nader en sê ek moet asseblief kom kyk want daar is 'n groot probleem met Wolfie. Sy vat my aan die hand kamer toe en trek die duvet van ons bed af. In die bed lê Wolfie in 'n plas bloedplasma, met 'n waslap netjies oor die lyfie gevou. Dit blyk toe sy het Wolfie van die boonste verdieping af laat val, deur die trap tot heel onder. Self afgeloop en hom daar gaan optel en in die bed kom verpleeg. Ek het my in 'n panic ingeskrik en die hondjie (wat lê en hyg na asem, ruggie pap en so te sê dood) in 'n handdoek toegevou en in my pajamas dierehospitaal toe gejaag. 'n Dag later moes ek die call maak om hom te laat uitsit, met breinskade, gebreekte ruggie, blind, ens.
Dit het my dae gevat om min of meer to terms te kom met wat gebeur het, en ek kon nie verstaan dat Miekie so blaze is daaroor nie. Ek het verduidelik dat Wolfie nou in die hemel is, en dat ons baie baie hartseer is oor wat gebeur het, maar dat dit 'n ongeluk was en dat Wolfie niks meer einas in die hemel het nie.
Tot so 5 dae later toe sy een oggend baie vroeg vreeslik huil en ek haar in die bed aantref terwyl sy haar arms desperaat na bo uitsteek en skree "JESUS! JESUS! Gee my Wolfie vir my terug! Ek wil my Wolfie nou dadelik hê! Asseblief gee my Wolfie vir my terug, NOU Jesus!" Dit het my hart in stukke gebreek en ek het besluit ek gaan haar maar net daardeur vashou en troos. Sy het 'n hele halfuur lank verskriklik gehuil en ek het haar net vasgehou en gesus en haar haartjies gevryf en verduidelik dat Wolfie oraait is in die hemel, en dat ons hartseer ook weer sal beter word. Sy het gevra of Wolfie regtig weer kan loop, en ek het gesê ja, en toe het sy met die trappe opgeloop en 'n raampie met 'n foto van haar en Wolfie in die kamer gaan haal en vir my gebring en gevra "maar mamma, HIERDIE Wolfie, kan HIERDIE Wolfie regtig weer loop?" Ek sê toe ja, en besef dat die skuldgevoelens haar nou begin ry. So het sy die raampie met die foto vir 'n week elke oggend saamgedra skool toe, en toe op 'n dag sê sy vir my ek kan die raampie maar vandag by die huis los. Ek vra toe of sy nie maar die raampie wil saamvat nie, en toe sê sy heel kalm "toemaar wat mamma, as ek te veel na Wolfie verlang sal ek sommer net aan hom dink."

Oktober update
Miekie sing nou een oggend in die kar 'n liedjie wat sy by die kleuterskool geleer... iets oor 'n sondaar, en vra my toe "mamma, weet jy wat is 'n sondaar?" Nee, sê ek, vertel my. Toe verduidelik sy met groot armbewegings van die een horison tot by die ander: "Mamma, God vat die son, dan sit Hy hom daaaaar..."
Vanoggend is sy heel olik en ek neem haar saam werk toe. Ek sit vir haar 'n Moby Dick video op en minute later kom sy huilend by my kantoor in en kom vra hoekom Moby se walvismamma dood is. Ek verduidelik dat die seerowers vir Moby wou skiet met hulle pyltjies, en toe het Moby se mamma voor hom ingespring dat die pyltjies eerder vir haar tref en nie vir hom nie. Toe sê ek by dat ek dit vir haar ook sal doen, en dat dit ook is wat Jesus vir ons gedoen het toe hy aan die kruis gesterf het - om ons te red.
Sy was heeldag huilerig en toe kom dit nou hier by die huis uit. Huilend kom sit sy op my skoot en sê "mamma, ek wil nie hê jy moet doodgaan nie, want ek gaan jou te veel verlang. Ek gaan jou verskriklik mis." Ek sê toe ek gaan nêrens heen nie, en ek gaan beslis nie nou al doodgaan nie.
Toe sê sy "maar mamma, ek het gehoor by die werk jy sê jy sal vir my ook doodgaan soos Moby se mamma en soos Jesus. Ai tog. En die volgende oomblik begin sy bid (met handjies saamgevou): "Jesus, jy moet asseblief nie my mamma laat doodgaan nie want ek gaan dan te alleen wees. As sy doodgaan moet jy my ook asseblief laat doodgaan en dan gaan ek saam met haar tot by die hemel en dan hou ek haar styf vas en sy hou vir my vas en dan is ons vir altyd bymekaar. Dankie Jesus. Amen".

Tuesday, June 1
No. 13
Ons het vir Miekie die adres waar sy bly geleer. 989 Zeeruststraat, Faerie Glen, Pretoria.
As sy vir ons kwaad is, sê sy "Ek gaan nie meer by 989 bly nie. Ek gaan nou by 13 bly. Gaan laai my by 13 af!" So het 13 nou gesinsmond geword, en so bly alle stoute kinders en skelms nou altyd by nommer 13.
Daar's 'n eensame inrypad hier bo teen die berg (die enigste ingang aan die berg se kant van die straat). Elke keer as ons daar verby ry, sê sy met groot oë: "Oeeeee... hier's ons nou by nommer 13..."

Bome
My kind het 'n groot belangstelling in bome. Tussen 2 en 'n half en 3 het sy die volgende bome vlot leer ken:
bloekombome, sipresse, koorsbome, olyfbome, piesangbome, populiere, palmbome, papierbas doringbome, luiperdbome, jakarandas, wilgerbome, ficus, bougainvillas, kraanvoëlblomme, kapokbome, aalwyne, akkerbome, dennebome.
Jy sal haar wraggies nie uitvang met enigeen van bogenoemde nie.
As ons deur die strate ry, sê sy "mamma, kom ons leer nog bome". As ek nie vinnig genoeg 'n nuwe boom kan kry en die naam onthou nie, neem sy oor en leer vir my. Dan kies sy enige struik, en kom met 'n naam daarvoor op.

Nog sêgoed
Sy dra nie 'n broek of 'n baadjie sonder om iets in elke sak te bêre nie. 'n Sak mag nie leeg wees nie. So is daar tans oral 'n mengelmoes van artifacts op die snaakste plekke te vind (soos in die filter van die tuimeldroeër).
Hierdie goedjies word genoem "al my kosbaarste goedjies", of "my belangrikste goedjies".
Haar "gunsteling kleure" is geel en pienk, in volgorde van prioriteit. Dit maak nie saak hoe iets proe of lyk nie, sy kies altyd eerste die geel... en daarna die pienk. Sy dra net geel en pienk panties, die ander bly onaangeraak, en sal so oorstaan vir die volgende generasie.
Sy verwys ook daagliks na die "klein kiemietjies". Dis nou as sy juk, of tande borsel, of iets nie wil eet nie, of aan haar naels torring. Dan is alles die klein kiemietjies se skuld.
As ons bad, sê sy elke keer "nou is my lyfie so sag soos 'n baba se boudjies".

Wêreldbeker sokker
Die sokkerkoors het vir Miekie beet. Sy vra (en bid) al twee weke lank vir haar eie geel sokkerhempie.
Ek het laas naweek oral in die winkels daarna gesoek, maar kon nie 'n klein hempie vir 'n 3-jarige meisietjie kry nie. Soos sy toe sê "die sokkerhempie kruip vir ons weg".
Nou die dag by die robot is daar toe sowaar 'n vendor wat die klein geel hempie voor die venster rondwaai.
Dadelik gil Miekie "mamma - stop DADELIK. Daar's my sokkerhempie!!! Ek summon die vendor na die naaste ATM, betaal 'n hele R70 (hy budge nie met 'n sent nie...), en net daar, in die middel van die winkel, trek Miekie haar rokkie uit en die sokkerhempie kom oor die kop. So het sy geslaap met die sokkerhempie, is die volgende 2 dae daarmee skool toe, en nog nooit het ek so baie keer gehoor "mamma, my hartjie is SO bly vir my geel sokkerhempie" nie.
Dis 'n week later, en die thrill is nog steeds nie verby nie.

Harde werk en 5 katte
Toe Pa bid "Help vir Pappa en Mamma by die werk vandag sodat ons geldjies kan verdien om kossies te koop", onderbreek Miekie met "Jesus, dankie, ek wil net hard werk by my skooltjie met my speelgoed en met my maatjies en vir my 5 katte sorg, amen."
Dit laat my besef hoe belangrik is speel vir 'n kind. Dis wat hulle wêreldjies laat wentel.
Die 5 katte feature tans groot. Hulle het elke dag ander name en gaan oral saam. As ons in die kar ry, ry hulle saam bo op die dak. As ons kerk toe gaan, neem sy 'n botteltjie met water saam vir die 5 katte wat onder die kerkbanke bly. Haar verhaal aan enige vreemdeling begin altyd met "ek het 5 katte...."

3 stoute konings
'n Storie: ek was gisteraand moeg vir die Ou Testament se ritse konings & kronieke, en blaai toe deur na die nuwe testament van Miekie se Bybelboek. Lees die storie van Jesus se geboorte, die wyse manne en engel wat aan skaapwagters verskyn. So kom ons by Herodes wat die babas wou doodmaak.
Miekie stop my angstig en vra "mamma, wat is hierdie koning se naam?" Ek sê "Herodes". Toe vra sy "Mamma, wat was daai koning se naam nou weer van die Israeliete in Egipteland wat ook die babas doodgemaak het en toe sit Moses se mamma hom in die mandjie in die riete? (let op die een lang sin.) Toe sê ek dit begin met "f". Dadelik onthou sy Farao. Toe sê sy "en daai ander stout koning wat die langste van al die manne was, se naam is Saul." En toe "Daai drie konings moet almal in die HOEK gaan sit."
Baie oulik vir 3 jaar oud :)

Sunday, March 14
Sêgoed
Miekie is nou daar waar sy 'n wraakplan strategies kan uit'map'.
1. In die kar, toe ons vir haar verduidelik sy kan nie voor op die dashboard lê terwyl ons ry nie, maar moet veilig agter in haar stoeltjie sit:
"Ek is KWAAD vir julle! Ek gaan julle met my golfstok deur hierdie vensterruit slaan. Julle gaan buite op die teerpad val en Mamma, dan gaan jy so plat soos 'n pannekoek wees!"
2. Na ons plaag van jellievisse wat Desembermaand op die strand uitgespoel het: "Ek is KWAAD vir jou! EK GAAN IN DIE SEE SWEM! EK GAAN IN DIE SEE SWEM en dan gaan ek 'n jellievis vang. Ek gaan daai jellievis op jou kop sit en dan gaan daai jellievis jou BRAND!"
3. Nadat ek haar geleer het dat goggatjies oral kom eet waar mens mors en nie die gemors opruim nie: "Mamma! Ek gaan my mond aan jou arm afvee. Dan gaan die goggas die gemors af van jou arm af kom vreet todat jy bloei."
Maar meestal is sy net die liefste liefste kind. Hou nie daarvan as ons dink sy's stout nie - glo vas sy is nooit stout nie. Totally bribable op die oomblik, weet net hoe om cute te wees en te manipuleer: "Mamma, ek het vir jou 'n GROOT verrassing" (natuurlik met die nodige gesigsuitdrukkings -'n vreeslike geflirt / of kom fluister in jou oor: "Ek is baie baie lief vir jou!"
Ander sêgoed:
1. "Mamma, kyk hoe het Jesus die wolke geverf! Ai, maar Hy speel so lekker! Nou gaan Hy die pienk verf haal en dan gaan Hy alles wat oranje is weer pienk verf."

Subscribe to:
Posts (Atom)