Miekie is nou daar waar sy 'n wraakplan strategies kan uit'map'.
1. In die kar, toe ons vir haar verduidelik sy kan nie voor op die dashboard lê terwyl ons ry nie, maar moet veilig agter in haar stoeltjie sit:
"Ek is KWAAD vir julle! Ek gaan julle met my golfstok deur hierdie vensterruit slaan. Julle gaan buite op die teerpad val en Mamma, dan gaan jy so plat soos 'n pannekoek wees!"
2. Na ons plaag van jellievisse wat Desembermaand op die strand uitgespoel het: "Ek is KWAAD vir jou! EK GAAN IN DIE SEE SWEM! EK GAAN IN DIE SEE SWEM en dan gaan ek 'n jellievis vang. Ek gaan daai jellievis op jou kop sit en dan gaan daai jellievis jou BRAND!"
3. Nadat ek haar geleer het dat goggatjies oral kom eet waar mens mors en nie die gemors opruim nie: "Mamma! Ek gaan my mond aan jou arm afvee. Dan gaan die goggas die gemors af van jou arm af kom vreet todat jy bloei."
Maar meestal is sy net die liefste liefste kind. Hou nie daarvan as ons dink sy's stout nie - glo vas sy is nooit stout nie. Totally bribable op die oomblik, weet net hoe om cute te wees en te manipuleer: "Mamma, ek het vir jou 'n GROOT verrassing" (natuurlik met die nodige gesigsuitdrukkings -'n vreeslike geflirt / of kom fluister in jou oor: "Ek is baie baie lief vir jou!"
Ander sêgoed:
1. "Mamma, kyk hoe het Jesus die wolke geverf! Ai, maar Hy speel so lekker! Nou gaan Hy die pienk verf haal en dan gaan Hy alles wat oranje is weer pienk verf."
Sunday, March 14
Subscribe to:
Posts (Atom)
