Ek moenie vergeet om iets baie ouliks te noem nie. Miekie het, vandat sy 2 geword het, al 'n geweldige insig in taal aangeleenthede begin wys. So het sy besluit sy gaan haar nie langer laat vang met verkleinwoordjies nie. Sy is nou groot, en dis tyd dat ons haar ernstig begin opneem. Melkies het oornag melk geword, tandjies tande, ens.
Maar dis hoe sy die beginsel deurtrek, wat so fassinerend is. Sy word volgende week 2 en 'n half, en ses maande het haar nie van haar teorie laat afsien nie. Koffie is konsekwent kof, stoeltjie is stoelk, voëljie is voëlk, en so ook tan (vir tannie), maaik (maatjie), dank (vir dankie), ens. Huh? Waar kom die kind vandaan.
Haar taalreëls bring vir ons baie vreugde.
Sy begin ook nou meer en meer verbeeldingsvlugte onderneem. Vanoggend dra sy haar 'berg' die hele huis vol agter haar aan. 'Mamma - jy moenie op my berg trap nie - die bobbejaan gaan huil. Loop mooi OM my berg.' Dan druk sy haar wysvingertjie omtrent in my neus om die boodskap te onderstreep. Sy 'vang' goggas in die lug en voer dit vir die bobbejaan. En so pas ons drie dae in een dag in...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment