Ons is oppad Kaap toe vir die naweek, terwyl dit storm en sous in Pretoria. Om die regte klere in te pak, kyk ek gou op DsTV se weerkanaal wat ons kan verwag. Ek skree vir Japie in die kamer: 'nee, man - dis 30 grade in die Kaap, en 35 grade in die Paarl...' en net daar kom Miekie toe in met: 'en 34 grade in Stellenbosch!' Hilarious!
Vanoggend gee ons vir haar roereiers vir ontbyt, maar sy eet net die helfte... te opgewonde om by die strand uit te kom. Toe ons 'n paar uur later weer by die huis aankom, sien sy haar bord op die tafel, en sê: 'ek het skoon vergeet om hierdie wonderlike kossies te eet'!
Laas week vat ek haar saam slaghuis toe, en koop 30 lamstjops, waarvan die slagter toe die beentjies vir my skoonmaak. Miekie sit by my in die trollie en kyk hoe die oom te werk gaan. Soos wat die oom die skaapvleis in 'n groot houer vir my aangee, vra sy: 'mamma, wat is hierdie?' en ek antwoord: 'dis skaapvleis'. Sy kyk die vleis vir 'n hele rukkie uit, en wys toe na die oom: 'mamma - is daardie oom die skaapwagter?' Needless to say het die mense agter ons in die ry net so gelag soos ek!
Baie 'wise' vir haar twee en 'n half.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment